Tuesday, November 3, 2020

KLEIN WERELD


26 Julie 2017

Ons was vanoggend Mall-toe (SWes).

In Woolies soek Andrèe kleertjies vir kleindogter Samantha.

Ek parkeer die rystoel langs die "hoof gang" in Woolies en kyk na die mense wat verby jaag/stap/strompel met daai fronse op hulle se voorkoppe. 'n Vriendelike mamma met die stootwaentjie kom verby en glimlag vir my. "Bleddie malhuis" sê sy en verdwyn die gang af na die koffiekroeg se kan toe.

'n Omie wat ook daar ronddraai kom nader toe hy haar kommentaar hoor.

"Ja," sê hy vir my. "Ek kom nooit in die winkels nie. Dis net my wallet wat saam met my vrou in die winkels kom.Ek weet nie of ek haar soek en of sy my nou soek nie. Nie gewoond aan die winkels nie. Ons kom van Pringlebaai af"

Ek lag. Ek noem hoe ek gefrustreerd raak met die winkels wat nie eers meer hempde met sakke verkoop nie.

"Die Sjinese kan seker nie skryf nie." sê ek.

"Hulle hoef nie penne of podlode saam te dra nie" sê ek.

"Ek het 'n hempsak nodig." sê hy "Ek is 'n skrywer en maak gedurig nota's in my sakboekie. Chris Lambrecht" stel hy homself voor.

Komponis, baie bekend in die musiek wêreld en ontvanger van FAK toekennings.

Ek wonder hoeveel verrassing Pringlebaai nog het?


 

No comments:

Post a Comment