DIE AAP: OU-PRESIDENT CR SWART
Ontspan, dis nie wat ek bedoel nie.
Oom Blackie Swart, ons eerste Staatspresident se plaas was tussen Winburg en Brandfort.
Hy
het baie by my oom Man, wat die smitswinkel in Winburg gehad het gekom
en om hulp aangeklop. Soos om iets te prakseer wat warm water by oom
Blakie se melkery kon voorsien sodat die werkers hulle hande kon was
voor hulle begin melk het. Oom Man het toe voorendag gekom met 'n baie
effektiewe masjien wat druppende ou olie verbrand het en nogal na 'n
vuurpyl gelyk en geklink het.
Op
'n dag stap oom Blackie weer by die smitswinkel in. Hy het 'n bietjie
van 'n probleem synde staatpresident te wees, verduidelik hy vir oom
Man. Sy plaas se naam is mos De Aap.
Die naambordjie van sy plaas langs die hoofpad lyk so:
De Aap
C.R. Swart
Dis nie baie vlyend nie, het oom Backie gedink.
Ruil jy dit om, lyk dit só:
C.R. Swart
De Aap
Help nie juis veel nie.
Kan oom Man dalk aan 'n plan dink?
Nadat
hulle gedink en kopgekrap het vir 'n geruime tyd,was die enigste
oplossing maar om "C.R. Swart" alleen op die bordjie te hê.
Die publiek hoef mos nie te weet wat die plaas se naam is nie.
No comments:
Post a Comment